Selfverstaan
Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....
So Glo Ons
KERNWAARHEDE
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid.
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...
.
Geskiedenis van die Geloofsbond
Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: |
.
Dagstukkie
OORDENKING
28 Maart
Hulle sal Hom doodmaak
Hy sal uitgelewer word aan die heidene en Hy sal bespot en beledig word en hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak.
Jesus het by ’n paar geleenthede gesê dat Hy doodgemaak sal word. Hy het wel nie gesê dat Hy gekruisig sal word nie, maar Hy en Sy dissipels het geweet dat as die Romeine Hom met die doodstraf vonnis, dit beteken dat Hy gekruisig sal word. Daarom is Hy ook bespot en bespoeg en gegesel, want dit was deel van die straf. Die wreedste denkbare dood wat ’n afskrikmiddel vir ander moet wees, is gebruik om Sy stem stil te kry, want die dinge wat Hy gesê het en die vrae wat Hy gevra het, was te na aan die waarheid. Hy was besig om hulle tot ’n verleentheid te maak.
Jesus het nie gesterf as gevolg van die lyding en uitputting nie, maar omdat Hy besluit het dat dit nou die regte tyd is. Jesus het hard uitgeroep “Vader, in U hande gee ek my gees oor.” Hierdie is die woorde van Psalm 31:6 soos die Joodse kinders geleer het om saans te bid. Die Joodse kinders het geweet, ek gaan nou slaap maar môre sal ek weer my oë oopmaak. Dit het Jesus ook geweet: Hy sal nie in die dood bly nie, maar sal opstaan en lewe.
Ds. Johan Parkin, Ottosdal
Lewensbrood - (CC BY-NC-ND)
Teken in op ons poslys
Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.
Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.