
Selfverstaan
Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
KERNWAARHEDE
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid.
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...
.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: |
.
Dagstukkie

OORDENKING
Donderdag 12 Junie
Geloofshelde - Ons taak
“As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” Ons word almal opgeroep om soos geloofshelde op te tree. Elkeen van ons kan ’n voorbeeld word wat ander na God toe lei. Om dit te kan doen, is dit nodig om werklik te glo.
Geloof en dade word hier weer onlosmaaklik aan mekaar verbind. Geloof loop uit op dade. Nie sommer enige dade nie, maar juis ’n besondere soort daad. Gelowiges soek na die wil van God en doen dit dan ook. Mense wat tot God nader, moet in die eerste instansie glo dat Hy bestaan. Daarnaas moet gelowiges dan ook lewe in die verwagting dat God die mense wat Hom soek, sal beloon.
Die skrywer van die Hebreërbrief gaan uitwei op wat die beloning in die verlede was. Ons weet vandag dat God die grootste beloning denkbaar gee aan die wat Hom soek. In Jesus gee God aan ons die ewige lewe deur Jesus Christus. Dankbaarheid dryf ons daartoe om die goeie te doen. Ons moet versigtig wees om nie dit wat ons doen, goed te noem nie. Dit waarvan mense hou en wat mense as die goeie voorhou, is soms ’n euwel in die oë van God. Goed doen beteken met ander woorde om na God se wil te vra en dit dan te doen. Dit maak nie saak hoe ongemaklik of moeilik dit is om God se wil te doen nie, dit is juis waartoe ons geroep is.
Daar is geen resep nie, elke nuwe situasie vra ons om te dink, God se wil te soek en dan reg op te tree. Meer nog, om God se wil te doen, is om na God te soek. Wie God soek, sal deur God beloon word.
Dr. Johan Otto, Premiermyn
𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2025 - (CC BY-NC-ND)

Teken in op ons poslys
Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.
Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.