
Selfverstaan
Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
KERNWAARHEDE
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid.
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...
.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: |
.
Dagstukkie

OORDENKING
Vrydag 25 April
Die ellende van ons ellende
Daar heers ’n magdom ellendes. Ons ervaar dikwels die ellende van die lewe. Daar is kommer oor finansies, daar is siektes en beproewinge. Al hierdie kwellinge is maar die oorsaak van ons werklike ellende, naamlik die sonde. Honger en kommer kan erg wees, maar die sonde is veel erger. Die sonde skei ons van Jesus Christus en die ewige lewe. Die probleem is dat die meeste mense nie bewus is van hierdie ellende nie. Daarom leef hulle soos die gemeente van Laodisea wat hulle verbeel dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie.
Openbaring roep almal van ons op om die regte pad te volg, ons onkunde te erken en by God raad te kry oor die regte weg met kennis van ons ellende. Die enigste plek waar daar uitkoms is uit ons onkunde, is by God. Daarom is dit so noodsaaklik om die Woord van God getrou en gereeld te lees en die eredienste by te woon.
Ons is as gelowiges egter bewus van die enigste weg tot saligheid - Jesus Christus. Besef tog ons afhanklikheid van Hom en dien Hom met die hele hart.Ds. Jan Schroeder (Emeritus)
𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2025 - (CC BY-NC-ND)

Teken in op ons poslys
Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.
Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.