Dagstukkie

Dagstukkie

Dagstukkie

OORDENKING

Dinsdag 20 Oktober
Die mens faal

Rigters 13

Hy mag nie enige iets geëet of gedrink het wat van ’n druiwestok af kom nie, nie sy hare gesny het, of aan ’n dooie mens of dier gevat het nie. Dit was die uiterlike tekens dat hy “anders” moes wees, hy moes ’n Nasireër wees - gewy aan God se werk.
God het vir Simson uitgesonder vir ’n baie groot taak. Hy moes die Israeliete verlos uit die mag van die Filistyne wat die Israeliete baie swaar laat kry het. Wat ’n ongelooflike voorreg. Om deur God uitverkies te word om God se volk te red. Maar Simson het gou gewys dat hy die voorskrifte wat God aan hom gestel het nie ernstig opgeneem het nie. Nie net wil hy ’n Filistynse meisie as vrou neem nie, hy hou ook ’n rampartytjie saam met die Filistyne en kuier heerlik met al die wyn. Daarby vat hy aan die karkas van die leeu wat hy doodgemaak het en toe die Filistynse meisie bly neul om te weet waar sy krag vandaan kom, vertel hy haar van die rede vir sy lang hare en sy sny dit kort af. Ja, Simson het in elke opsig gefaal. Elke vereiste van God verontagsaam. In sy strewe om homself te behaag, kon hy nie daarin slaag om God te gehoorsaam nie.
En hierin lê alle mense se ooreenkoms met Simson. Ons faal keer op keer daarin om God se voorskrifte te gehoorsaam. Dit is die sonde – die feit dat die mens van nature geneig is om God en ons naaste te haat.
Ds. Ronel Eckard, Zoutpansberg

𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)