Selfverstaan
Selfverstaan

Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
So Glo Ons

KERNWAARHEDE 
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid. 
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...

.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Geskiedenis van die Geloofsbond

Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:
Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.
Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.
Tree ons uit, verloor ons die LEWE.

.

Dagstukkie

GHG

OORDENKING

Maandag 19 Oktober
Van bang na dapper

Rigters 6:11-24

Die Engel van die Here seën Gideon met die woorde: “Die Here is by jou, dapper man.” Dapper? Terwyl hy in die rotsagtige gedeelte wegkruip? ’n Bang man word deur God se genade ’n dapper man.
Gideon het ’n altaar vir die Here gebou en dit genoem: “Die Here gee rus.” Rus, want God was saam met hom, daarom het hy nie nodig gehad om bang te wees nie. Tog, ten spyte daarvan dat Gideon God gehoorsaam het, het al sy probleme nie soos mis voor die son verdwyn nie. Sy eie mense was so bang en vies toe hy die Baälaltaar afkap dat hul hom wou doodmaak! Gideon het steeds twyfel in sy hart gehad. Hy het steeds met God onderhandel en tekens gevra, maar God het gesê hy moet gaan met die krag wat hy het, al is dit min, want God het die pad mét Gideon gestap.
Met die Here by hom – is hy sterk. Ons gaan nie ’n probleemlose lewe hê nie, selfs nie as ons die Here met ywer dien nie. Ons gaan aanvegtinge hê, aanvalle, mense wat teen ons draai. Ons gaan twyfel ervaar, soms voel of ons alleen is, maar in dit alles sal God ons sien en hoor, ons rig, lei en versterk en God sal die pad met ons loop.
Daarom kan ons elke dag dapper aandurf.
Ds. Ronel Eckard, Zoutpansberg

𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)

GHG

Teken in op ons poslys

Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.

Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.