Selfverstaan
Selfverstaan

Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
So Glo Ons

KERNWAARHEDE 
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid. 
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...

.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Geskiedenis van die Geloofsbond

Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:
Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.
Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.
Tree ons uit, verloor ons die LEWE.

.

Dagstukkie

GHG

OORDENKING

Vrydag 30 Oktober
Jesus het onder ons kom woon

Johannes 1:1-14

Ons sien in Genesis dat God deur Sy Woord geskep het. Alles het ontstaan deur die Woord van God. God se Woord is skeppingsmagtig. Johannes begin sy Evangelie deur verder te beskryf hoekom die Woord van God so waardevol en kragtig is. “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.” Die Woord van God wat reeds vanaf die skepping by God was en waardeur God geskep het, het mens geword en het onder ons kom woon. Jesus is die Woord van God wat na die mens toe gekom het en onder ons kom woon het.
Die inhoud van God se Woord is Jesus Christus wat as God onder ons kom woon het. Hy is vol genade en waarheid. Hierdie Woord van God, ons Redder en Verlosser, is Jesus ons Here.
Jesus het vir ons van die Vader kom leer en God vir ons kom wys. Daarom sal die verkondiging altyd Jesus as inhoud hê. Die verkondiging moet altyd van Jesus as die enigste Seun van God getuig. Die verkondiging moet altyd van die waarheid van God getuig en dit is dat Jesus die Here is. Die verkondiging moet altyd van die heerlikheid van God getuig en dit is Jesus. Die verkondiging moet altyd van die genade van God getuig en daardie genade is Jesus wat aan die kruis kom sterf het. Die verkondiging moet altyd van die redding van God getuig.
Dit is hoe belangrik, hoe waardevol God se Woord is. Die Woord het mens geword in Jesus Christus en onder ons kom woon. Hou vas aan die Woord van God!
Ds. Louis Alberts, Pietersburg

𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)

GHG

Teken in op ons poslys

Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.

Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.